Die maak van steggies behels tipies dat ‘n klein gedeelte van ‘n ouer-plant verwyder word. Deur die steggie dan van die regte sorg, klimaat, groeimedium en ander hulpmiddels te voorsien, word die steggie aangemoedig om sy eie wortelstelsel te vestig en as ‘n onafhanklike plant te groei. So is dit dan ook met ons kinders se menswording…
Ons het in 2014 ons deure geopen. Ons visie: om ’n skooltjie te vestig in ’n liefdevolle omgewing met pragtige natuurskoon, individuele aandag en ‘n familie-oriëntasie. Saam met elke ouer wil ons by die plaas-skool ‘n groei-medium en klimaat help skep waarin kinders kan wortel skiet en ontwikkel tot hul volle potensiaal as gebalanseerde en vrydenkende individue!
Ten spyte van die legio uitdagings weens Covid 19, is ons steeds aan die gang op die plaas in Devonvallei, Stellenbosch, in die lieflike groot plaashuis met sy gevestigde tuin. Dis werklik ‘n skooltjie met ‘n huislike atmosfeer – ruim en openhartig! Hier kan kinders leer deur na hartelus te speel. Kom besoek ons gerus om te kyk hoe dit lyk en wat ons alles bied. Jy sal sommer gou besef jy kan jou kleinding met baie gemoedsrus hier los.
Monday
7:00 am - 5:30 pm
Tuesday
7:00 am - 5:30 pm
Wednesday
7:00 am - 5:30 pm
Thursday
7:00 am - 5:30 pm
Friday
7:00 am - 5:30 pm
Saturday
N/A
Sunday
N/A
09/05/2026 10:12 pm local time
Devon Valley Rd, Devon Valley, Stellenbosch, 7600, South Africa
Your enquiry has been sent successfully. Keep an eye on your email inbox for their response.
In order to take full advantage of the services on HolaKids,
including submitting and tracking your enquiries,
please login or register a new parent account.
Add a Review